Labour Excelsis

Call Directions Website Contact the business

Labour Excelsis U voorkeur verskaffer van menslike hulpbron en arbeidsbestuursdienste

🇧🇷 Brasilië skuif na 'n 40-uur werksweek. Moet Suid-Afrika volg?Op 14 Oktober 2026 het Brasilië se Senaat 'n grondwetwys...
20/10/2026

🇧🇷 Brasilië skuif na 'n 40-uur werksweek. Moet Suid-Afrika volg?

Op 14 Oktober 2026 het Brasilië se Senaat 'n grondwetwysiging goedgekeur wat die maksimum werksweek van 44 na 40 uur sal verminder, sonder enige salarisvermindering.

Werkers kry ook twee betaalde rusdae per week, wat die einde beteken van die "ses dae werk, een dag af"-skedule. Meer as 30 miljoen werkers sal geraak word, veral in die kleinhandel, restaurante en hotelle. Die verandering word gefaseer ingestel: eers 42 uur, dan 40 uur ongeveer 'n jaar later.

En hier tuis? 🇿🇦

Volgens die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (BCEA) is Suid-Afrika se gewone werksweek steeds beperk tot 45 uur, met 'n minimum weeklikse rusperiode van 36 aaneenlopende uur.

'n 40-uur werksweek is sedert 1997 'n doelwit van die BCEA, maar dit moes geleidelik kom, sektor vir sektor, deur kollektiewe bedinging en sektorale vasstellings.

Daar is tans geen formele voorstel om die 45-uur perk te verander nie.

Waarom dit vir werkgewers saak maak, veral in die landbou 🌾

Met hoë werkloosheid en baie besighede onder druk, lyk 'n wetlik kort werksweek op kort termyn onwaarskynlik. Maar Brasilië is 'n mede-BRICS-lid, en vakbonde kan dit as voorbeeld gebruik in loononderhandelinge en beleidsdebatte.

Op die plaas, waar seisoene, oeste en vee nie kantoorure hou nie, sal 'n korter werksweek ernstige vrae oor koste, roosters en produktiwiteit laat ontstaan.

Nou wil ons van jou hoor: 👇

Sal 'n 40-uur werksweek in Suid-Afrika werk, en spesifiek in die landbou? Sal dit produktiwiteit en welstand verhoog, of sal dit werksgeleenthede kos?

Deel jou mening in die kommentaar!

Labour Excelsis | Jou vennoot in arbeidsverhoudinge

A sincere thank you to BKB Retail & Fuel for the opportunity to speak at their annual conference at Gariep Dam on 7–8 Oc...
18/10/2026

A sincere thank you to BKB Retail & Fuel for the opportunity to speak at their annual conference at Gariep Dam on 7–8 October 2026. 🙏

It was a privilege to present "Preparing for a Disciplinary Hearing" to BKB's branch managers.

A fair, well-prepared disciplinary process protects both the business and its people, and it was encouraging to see how committed BKB's leaders are to getting it right.

Congratulations to the BKB team on a well-organised, inspiring event.

We value the partnership and look forward to continuing to support you.

Dirk Coetzee, Labour Excelsis

‼️ARBEIDSREG-OPDATERING: Vrywillig geteken? Dan is dit nie 'n ontslag nie.‼️Kan 'n werknemer wat 'n wedersydse skeidings...
14/10/2026

‼️ARBEIDSREG-OPDATERING: Vrywillig geteken? Dan is dit nie 'n ontslag nie.‼️

Kan 'n werknemer wat 'n wedersydse skeidingsooreenkoms onderteken het, later beweer dat hy onbillik ontslaan is omdat dit eintlik 'n afleggingsproses was? Die Arbeidsappèlhof het onlangs gesê: Nee – mits die ooreenkoms vrywillig gesluit is.

Wat het gebeur?

'n Skraper-operateur het 'n oorplasing na die Noord-Kaap van die hand gewys. Die partye het daarna 'n wedersydse skeidingsooreenkoms onderteken en die werknemer het 'n skeidingspakket van R181 541,75 ontvang. Hy het later 'n geskil vir onbillike ontslag verwys. Die arbiter het bevind dit was eintlik 'n afleggingsbrief, dat artikel 189 nie gevolg is nie, en het herindiensneming gelas. Die Arbeidshof het die werkgewer se hersieningsaansoek van die hand gewys.

Wat het die Arbeidsappèlhof bevind?
Die appèl is gehandhaaf. Die ooreenkoms is vrywillig deur albei partye onderteken, die werknemer het die pakket as volle en finale vereffening aanvaar, en daar was geen bevinding van dwang nie. Daar was dus geen ontslag nie – en die arbiter het nie jurisdiksie gehad om die geskil aan te hoor nie.

Wat beteken dit vir u as werkgewer?

✔ 'n Geldige wedersydse skeidingsooreenkoms beteken daar is geen ontslag nie, en die reëls oor onbillike ontslag is nie van toepassing nie.
✔ U mag so 'n ooreenkoms sluit selfs terwyl bedryfsvereistes bespreek word – artikel 189 word nie outomaties van toepassing nie.
✔ Waar 'n werknemer dwang of wanvoorstelling beweer, sal die ooreenkoms noukeurig ondersoek word.
✔ Sorg dat die ooreenkoms duidelik opgestel is, werklik wedersyds is en vrywillig onderteken word.

Beplan u 'n skeidingsooreenkoms met 'n werknemer, of wil u seker maak dat u bestaande dokumente die nodige beskerming sal bied?

Kontak Labour Excelsis – ons help u om dit van die begin af reg te doen.

Bron: WBHO Construction (Pty) Ltd v Masenye NO and Others (JA124/24) [2026] ZALAC 10 (26 Februarie 2026)

‼️Slaggate om te vermy tydens dissiplinêre optrede‼️Baie werkgewers beland in warm water nie oor 'n werknemer se oortred...
23/09/2026

‼️Slaggate om te vermy tydens dissiplinêre optrede‼️

Baie werkgewers beland in warm water nie oor 'n werknemer se oortreding nie, maar oor hoe die proses hanteer is.

Hier is 'n paar algemene slaggate waarop jy moet let:

⚠️ Geen behoorlike kennisgewing nie – 'n werknemer moet vooraf skriftelik in kennis gestel word van die aanklag(te), datum, tyd en plek van die verhoor.

⚠️ Onvoldoende ondersoek – Moenie voorbarige aannames maak nie. Doen eers 'n deeglike, regverdige ondersoek voordat enige aksie geneem word.

⚠️ Onkonsekwente toepassing – As een werknemer gewaarsku word vir 'n oortreding, maar 'n ander summier ontslaan word vir dieselfde oortreding, kan dit as onbillik beskou word.

⚠️ Geen kans om te reageer nie – Elke werknemer het die reg om hul kant van die saak te stel voor 'n besluit geneem word.

⚠️ Verkeerde voorsitter – Die persoon wat die verhoor voorsit, moet nie bevooroordeeld wees en of self by die voorval betrokke gewees het nie.

⚠️ Onvoldoende dokumentasie – Sonder skriftelike bewyse (waarskuwings, notules, getuienis) staar 'n werkgewer verskeie uitdagings in die gesig by die CCMA.

⚠️ Verkeerde sanksie vir die oortreding – Die strafmaatreël moet in verhouding tot die erns van die oortreding wees – nie te swaar, nie te lig nie.

💡 Onthou: 'n Regverdige proses beskerm nie net die werknemer nie – dit beskerm ook die werkgewer teen duur en tydrowende CCMA-geskille.

Kontak Labour Excelsis vandag nog vir deskundige leiding en ondersteuning met jou dissiplinêre prosesse. 📞

👇 Watter van hierdie slaggate het julle al self teëgekom, of wat wonder julle meer oor? Deel gerus julle ervaring of vrae hieronder!

‼️Dept van Arbeid se inspeksies neem nou weer toe‼️Is jou besigheid gereed vir ’n Departement van Indiensneming en Arbei...
14/09/2026

‼️Dept van Arbeid se inspeksies neem nou weer toe‼️

Is jou besigheid gereed vir ’n Departement van Indiensneming en Arbeid-inspeksie?

Kontak ons by Labour Excelsis vir ondersteuning met arbeidsnakoming, dokumentasie, gesondheid en veiligheid, en ’n praktiese regstellingsplan.

Hierdie inspeksies hoef nie ’n krisis te wees nie. Met goeie rekordhouding, korrekte dokumentasie en samewerking kan jy die proses professioneel en met selfvertroue hanteer.

Hoe om ’n inspeksie te hanteer:

✅ Bly kalm en professioneel.
✅ Verwelkom die inspekteur en wys ’n aangewese kontakpersoon aan om die proses te bestuur.
✅ Vra vir identifikasie en magtiging. Teken die inspekteur se besonderhede en die datum en tyd van die inspeksie aan.
✅ Werk saam, maar moenie raai nie. Beantwoord vrae eerlik en akkuraat. Indien jy onseker is, sê dat jy die inligting sal bevestig.
✅ Hou dokumente gereed. Dit kan onder meer dienskontrakte, betaalstate, tydstate, verlofrekords, UIF-besonderhede, COIDA-dokumente, dissiplinêre rekords en gesondheids- en veiligheidsdokumente insluit.
✅ Maak seker dat die werksplek veilig is. Werknemers moet toepaslike opleiding, toesig en persoonlike beskermende toerusting ontvang waar nodig.
✅ Neem kennis van bevindinge. Vra dat enige tekortkominge en sperdatums duidelik uiteengesit word.
✅ Moenie dokumente verander of terugdateer nie. Stel eerder ’n plan op om ontbrekende of foutiewe rekords reg te stel.
✅ Reageer betyds. Indien ’n kennisgewing of regstellende bevel uitgereik word, hanteer dit binne die voorgeskrewe tydperk.
✅ Onthou dat jy nie hierdie proses alleen hoef te hanteer nie. Bel ons vir professionele hulp. ’n Arbeidskonsultant kan jou help om die bevindinge te verstaan en ’n praktiese nakomingsplan op te stel.

'n Inspeksie is nie net ’n risiko nie—dit is ook ’n geleentheid om jou werksplek se arbeids- en veiligheidsprosesse te verbeter.

’n Professionele benadering, volledige rekords en vinnige regstellende optrede help jou om inspeksies doeltreffend te hanteer en jou besigheid te beskerm.

Kontak ons gerus by 056 515 2001

‼️‼️VAKANTE BETREKKING -PLAASBESTUURDERVIR 'N BOERDERY ONDERNEMING IN DIE LEEUDORINGSTAD DISTRIK‼️‼️Hierdie is 'n besond...
07/09/2026

‼️‼️VAKANTE BETREKKING -PLAASBESTUURDER
VIR 'N BOERDERY ONDERNEMING IN DIE LEEUDORINGSTAD DISTRIK‼️‼️

Hierdie is 'n besonderse pos by 'n besonderse boerdery.

VERANTWOORDELIKHEDE VAN KANDIDAAT:

Hantering van werkswinkel, meganiese herstelwerk en instandhouding.

Behuising op die plaas sal voorsien word.

Indien daar 'n paartjie is wat aansoek doen en die lewensmaat het spysenierings agtergrond, sal hul voorkeur geniet.

Indien u oor die nodige vereistes beskik, stuur asb u volledige CV aan [email protected] voor 15 September 2026

‼️ New employee announcement‼️
05/08/2026

‼️ New employee announcement‼️

‼️Vakante betrekking - Dieselwerktuigkundige‼️
10/07/2026

‼️Vakante betrekking - Dieselwerktuigkundige‼️

‼️BREAKING NEWS‼️We are pleased to confirm that we have numerous vacancies in the hospitality sector available. The plan...
10/07/2026

‼️BREAKING NEWS‼️

We are pleased to confirm that we have numerous vacancies in the hospitality sector available. The planned opening of Wimpy Bothaville created opportunities for people suitably qualified to apply for the following positions:

👉 Management staff
👉 Supervisors
👉 Cashiers
👉 Drivers
👉 Waiters and Waitresses
👉 Back of house staff

We are looking forward to interview candidates willing to join this vibrant and dynamic team.

To apply please follow the instructions on the attached advertisement.

‼️BREAKING NEWS‼️We are pleased to confirm that we have numerous vacancies in the hospitality sector available. The plan...
10/07/2026

‼️BREAKING NEWS‼️

We are pleased to confirm that we have numerous vacancies in the hospitality sector available. The planned opening of Debonairs Bothaville created opportunities for people suitably qualified to apply for the following positions:

👉 Management staff
👉 Supervisors
👉 Cashiers
👉 Drivers
👉 Back of house staff

We are looking forward to interview candidates willing to join this vibrant and dynamic team.

To apply please follow the instructions on the attached advertisement.

Address

Fonteinstraat 45
Bothaville
9660

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Labour Excelsis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Labour Excelsis:

Shortcuts

Share