Studente werk Bloemfontein

Studente werk Bloemfontein Studente werk Bloemfontein. Het u werk vir 'n student?

Hier bring ons studente in kontak met werkgewers wat werk aanbied vir studente asook studente wat werk soek.

Sol-Tech (Monumentpark-kampus)
27/11/2025

Sol-Tech (Monumentpark-kampus)

4.7 ⭐ · Technical school in Pretoria, South Africa

Source: Bo-Karoo Opleiding
27/11/2025

Source: Bo-Karoo Opleiding

SKEP ‘N TOEKOMS VIR JOUSELF IN ‘N OMGEWING VAN VRYHEID, VEILIGHEID EN VOORSPOED. In die middel van Suid-Afrika, in die Bo-Karoo streek, langs die Oranjerivier, in die plattelandse Afrikanergemeenskap van Orania, bou Bo-Karoo Opleiding aan vryheid deur opleiding en arbeid. Meer oor BKO SKEP ‘N ...

27/11/2025

Akademia | Bloemfontein-sentrum

16/08/2024
10/12/2023

Ervaar mens dit nie daagliks nie??

So baie mense gaan ongelukkig deur die lewe omrede hul onbewustelik gemanupileer was om iemand anders se passie en drome uit te leef, veral die jonger geslag swig vinnig onder natuurlike druk voordat hul eie identiteit nog in hul lewe klaar gevorm is.

Niemand kan ‘n ander se lewe vir hom leef, maar ander kan iemand onbewustelik manupileer dat geglo word dit is hul eie passie en droom en later in jare die leemte van hul eie identiteit begin ervaar.

Uitreksel uit Koester Oomblikke
Jana van Zijl

Johan Akteur van Diepewaters se eerste enkelsnit.
24/11/2023

Johan Akteur van Diepewaters se eerste enkelsnit.

13/11/2023

Ou Srudente liedjie!

GOUD EN SILWER

Woorde: EITEMAL, na Aug. Schnezter, 1828
Musiek: Volkswysie; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Goud en silwer het ek lief, met hul kartelrandjies--
lank aan Pa my bedelbrief, kort bly die kontantjies.
Platsak sit ek tuis en kwyn--en ek sien van verre
net die maan se silwerskyn, goudlag van die sterre,
net die maan se silwerskyn, goudlag van die sterre.

Nog veel mooier lonk die goud in gevulde kanne;
wyn en lied is eeue oud, ewig jonk die manne.
Carpe diem: ons was trou aan dié goue wysheid--
en ons sal dit nog onthou in ons silwer grysheid,
en ons sal dit nog onthou in ons silwer grysheid.

Maar die skoonste goud van al: lokke van die nooi'ntjies,
soos 'n goue waterval van die goue kroontjies!
Laat ons in dié heerlikheid net van soentjies lewe,
voor die silwer van die tyd om die hofies bewe,
voor die silwer van die tyd om die hofies bewe.

Wie net een ou nooi'ntjie soen, een en niemand meer nie,
teenoor ander skaamrig doen--hy het nooit studeer nie.
Al die oorryp soentjies hang daar soos goue are;
pluk hul voor die ryp hul vang in die silwerjare,
pluk hul voor die ryp hul vang in die silwerjare.

Liefste neem't nie kwalik nie as ek jou gehoon het
deurdat daar nog twee of drie in my hart gewoon het.
Goue onselfsugtigheid--daar's studente enig;
eendag, in die silwertyd, min ek jou allenig,
eendag, in die silwertyd, min ek jou allenig.

"Carpe diem" beteken "slaan jou slag gou" of werklik: "gebruik die geleentheid gou".

Address

Bloemfontein
9301

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Studente werk Bloemfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category